Terms of Service

E-Klets Beginsels

1. WEES VRIENDELIK EN BEDAGSAAM
Ons is almal saam hier om ‘n welkome omgewing te skep. Kom ons behandel almal met respek. Gesonde debatte is natuurlik, maar vriendelikheid word vereis.

2. GEEN HAATSPRAAK OF BOELIE-GEDRAG NIE
Maak seker dat almal veilig voel. Afknouery van enige aard word nie toegelaat nie en afbrekende opmerkings oor dinge soos ras, godsdiens, kultuur, seksuele oriëntasie of geslag is teen die beginsels van hierdie platform.

3. HOU PLASINGS RELEVANT
Die belangrikste doel van hierdie platform is om mekaar te motiveer; asook om inligting/kennisgewings te deel oor die handhawing van algemene gesondheid deur die volg van Die 28 Dae Eetplan. Moet asseblief nie onverwante inhoud plaas nie.

4. GEEN ADVERTENSIES OF “SPAM” NIE
Moet asseblief nie hierdie platform gebruik om te adverteer of om jouself, jou bladsy of jou besigheid te bevorder nie. Moenie kettingboodskappe en/of klik-aas op die platform plaas nie.

5. GEEN DEEL VAN KONTAKINLIGTING NIE
Die doel van hierdie platform is om ‘n plek te bied vir gesamentlike ondersteuning. Daarom vra ons lede om gesprekke met ander lede op hierdie platform te hou, sodat almal daarby kan baat. Kommentaar of versoeke om kontakinligting soos e-posadresse of selfoonnommers met ander lede aan te vra of te deel, word nie toegelaat nie.

6. DEEL VAN RESEPTE
Om resepte te deel is wonderlik, maar kopiereg skending is nie. Tensy ‘n resep jou eie is, word geen skermgrepe of geskrewe resepte uit resepteboeke, e-boeke of toepassings (“apps”) toegelaat nie.